Ons is 'n Journeydriven jeugbediening vir jongmense deur jongmense

Inligting

  • Waar?

    Hoek van Jaguar en Mossie Strate Sunward Park Boksburg Gauteng Suid-Afrika
    Padkaart
  • Wanneer?

    Sondae Aande

    18:30 tot 19:30

  • Volg Ons

Die Span

Johan Mostert Hoof

johanm@lesel.co.za

(073)171-6059

As jou geloof jou niks kos nie, dan is dit niks werd nie; As jou geloof jou nie bang maak nie, dan is dit nie groot genoeg nie.

Gerrit Visser Jeugleier

gerrit@sungem.org

(082)737-9880

Daar's 'n wêreld om te verander. As jy wil help, kontak my!

Oor Ons

Ons wil jongmense bedien by ons tuisgemeente, Sunwardpark Gemeenskapskerk, deur saam met mekaar te reis.

Meeste mense dink tieners is simpel, planloos en ongeskik. Ons begin met die standpunt dat God in elkeen se lewe agter die skerms besig is, selfs al sien jy dit nie. Dit beteken nie dat ons maak asof ons al die antwoorde het nie, maar dat ons saam wil reis en by mekaar nuwe dinge van God leer.

Dis 'n Revolusionêre manier om mekaar te bedien en 'n evolusionêre manier om te groei - nie daardie stagnerende tipe bybelstudies waar almal net hul eie opinies wil lig nie, maar effektief mekaar help deur respek te hê vir mekaar en die hele wêreld. Dis 'n revolusionêre manier om jou geloof uit te leef waar geloof nie 'n ver-af idee is van 'n God wat straf nie, maar 'n naby God wat jou geloof laat oorgaan tot dade - Dade van liefde.

Die kerk is nie 'n hospitaal nie, dit is 'n baken van lig vir 'n gebroke wêreld waar jy leer en groei sodat jy in liefde kan doen en God toelaat om gesond te maak! Dus wil ons hierdie Christelike revolusie in elke deel van Sunwardpark en Boksburg se gemeenskap inneem deur op elke moontlike vlak 'n revolusie te begin!

As jy 'n touchrugby revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam; As jy 'n skinny-jeans revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam; As jy 'n Bybelstudie revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam; As jy 'n Metal-revolusie wil begin... Dan doen ons dit saam!

Want God is 'n betrokke God wat mense nie net los om dinge op hul eie te doen nie. Nee, Hy is betrokke! Daar waar jy nou sit en lees loer Hy oor jou skouer. Saam kan ons enige revolusie begin wat inlyn is met God se Woord.

Mag God jou seën en jou lei tot op 'n plek waar jy besef dat Hy die revolusionêre God is van die revolusionêre geloof op aarde.

Mag jy jou geloof revolusionêr uitleef tot eer en verheerliking van Sy naam!